Vanaf
die hoofvenster het jy 'n pragtige uitsig oor die valleie en die heuwels. Dit
is hier waar jy net kan kom sit en ontspan om die rustigheid van die natuur te
geniet. Ons
goed toegeruste rondawel is ontwerp as 'n sit-slaap gerief, met 'n dubbelbed.
Die rondawel kan egter ook tot twee kinders huisves indien nodig. Die
kombuis- en kuierarea is volledig toegerus om geregte self voor te berei en te
bedien. Die rondawel beskik ook oor 'n gerieflike braaiplek. Die
rondawel is ideaal geleë om te gebruik as 'n tuisbasis vanwaar die talle
besienswaardighede in die omgewing verken kan word. Andersins is dit ook heerlik
om op die dek te sit en ontspan om die pragtige uitsig te waardeer.



|