Kampterrein by die rivier
   
 

Waar om te bly
Rondawel met 'n uitsig

Kampterrein by die rivier
Ossewaens teen die heuwel


Ons kampterrein is op 'n besondere mooi plek geleë - op die werf waar die ou opstal gestaan het - 100m van die riviertjie af. Dis heerlik om van hier af in die kloof op te stap om die omgewing te verken.

Slegs tente kan egter hier gebruik word, aangesien die pad deur 'n driffie loop wat nie toeganklik vir karavane is nie.

Dis ook 'n ideale plek vir 'n groep om te kom kampeer. Eie tente moet gebruik word. Die ou stoor is ideaal as bymekaarkomplek vir sulke groepe. Die hele kampterrein kan deur 'n groep bespreek word teen 'n spesiale tarief
.

Die skoon ablusiegeriewe het 4 toilette, wasbakke en storte. Daar is elektriese ligte in die badkamers, maar nie kragpunte by die staanplekke nie. Daar is ‘n “donkie” wat lekker warm water voorsien. ‘n Klein kombuisie het ‘n kragpunt en is toegerus met 'n yskassie, asook opwasgeriewe. Die braaiplek is groot en gerieflik en hout word gratis voorsien.

 








 

 

 

© 2007-2009 Bergrivier Ondernemings
e