Dinge om te doen
   
 

Bergrivier is 'n paradys vir voëlliefhebbers. Die pragtige Knysna loerie word heel dikwels gesien. Snags kan jy die naguiltjie hoor roep. Die roep van die visarend word ook soms gehoor. Die kroonarend het 'n nes hierbo in die kloof en kan dikwels in die lug gesien word op soek na prooi.

Die gefluit van ribbokke word dikwels snags op die werf gehoor. Bobbejane, apies and bosbokke is almal inheems in hierdie gebied en hulle spore word dikwels gesien.

Dit is heerlik om in die kloof op te stap en af te kom op 'n waterpoel waar die bedreigde rooivin-gieliemientjie (Redwinged Minnow) dalk te sien is.

Of saans kan 'n mens net in stilte sit en die eindeloosheid van 'n oopgetrekte sterrehemel bewonder.

Bergfietsritte in die aangrensende Longmore plantasie kan gereël word vir die meer avontuurlustiges.

 

 

© 2007 Bergrivier Ondernemings