wat ons aanbied
    
 

Moeg geswoeg en lus vir rus?

Wat van 'n wegbreek na Bergrivier waar liggaam en gees weer kan ontmoet? Kom ondervind die lafenis van 'n ware eko-vakansie waar jy kan ontspan in een van die rustigste omgewings wat die natuur jou kan bied.

     
 

Hierdie gasteplaas is gerieflik geleë in die skilderagtige Ooskaap, slegs 50 km wes van Port Elizabeth, en naby die N2. Die gewilde strandoord, Jeffreysbaai, is slegs 35 km in 'n suidwestelike rigting. Bergrivier is geleë aan die oostekant van die wêreld-bekende Baviaanskloof roete, naby die dorpies, Loerie, Hankey and Patensie.

 

  
 

En vir dié wat belangstel in die inheemse flora, Bergrivier beskik oor drie van die nege biome van die wêreld op een plek, naamlik fynbos, valleibosveld en woud.

Die pragtige plaas is reeds die afgelope 150 jaar die tuiste van die Williamsfamilie.

 
© 2007-2009 Bergrivier Ondernemings